
Doener van Dinge
Bibi Slippers is ‘n digter, draaiboeksrywer en TV-aanbieder wat ook al as joernalis, taalpraktisyn, inhoudsvervaardiger en kopieskrywer werksaam was. Sy was die skepper van die Via-boekprogram In die bed met Bibi en sy is die skrywer van twee digbundels: Fotostaatmasjien (2016) en Soekenjin (2023). Fotostaatmasjien het verskeie literêre pryse gewen, en Bibi is ook as joernalis bekroon deur die ATKV, en deur die Silwerskermfees as draaiboekskrywer. In 2012 is sy as die algehele wenner in die Nuwe Stories-kortverhaalkompetisie aangewys. Deesdae werk sy as skrywer en regisseur in die TV- en Filmbedryf.
IN DIE MEDIA
Vrye Weekblad
15 Vrae met Laureen Rossouw

LitNet
‘n Foto-onderhoud deur Naomi Bruwer.
“Die boek se werkstitel was Afskrif – ek hou nog steeds van daardie titel ook. Maar my uitgewer, Tertius Kapp, en raadgewer, Loftus Marais, het beide gevoel dis outyds en koeklik (soos ek 😉 ), maar die boek is nie so nie – toe het ons ander name ge-“breinstorm” en op Fotostaatmasjien
besluit.”

Rooi Rose
‘n Gesprek met Ilse Salzwedel
As jy al vir Bibi ontmoet het, sal jy weet sy is nie ‘n skapie wat agter die top aanloop nie. “Aweregs” is ‘n woord wat by my opkom wanneer ek aan haar dink.

Afrikaans.
com
Ons bestook borrelende (en bekroonde) Bibi met vrae
“Wat is jou gunsteling Afrikaanse woorde?”
1. Fnuik
2. Geut
3. WOKNAKWYF

Maroela Media
Artikel deur Leonie Bezuidenhout
Bibi Slippers “‘n fotostaat vol foute en gemaklik daarmee.”

Matie Media
Interview by Rebecca Pitt
For poet Bibi Slippers, it was always important to be creative. Creativity was inevitable. But creativity was starting to feel different for Slippers when something shifted in her.

Taalgenoot
Artikel deur Loftus Marais
Bibi Slippers en ek werk in dieselfde kantoor. Die
kantoor het twee fotostaatmasjiene.




