
Foto deur Retha Ferguson
optredes in 2025
MEI – CLARENS KUNSTEFEES


A tribute to Breyten Breytenbach
KAAS, Wyn & Woorde – UJ Biblioteek
Johannesburg – 8 Mei

FRANSCHHOEK LIT FEST
Met Kabous Meiring, Deon Meyer, Ian roberts + pjo Jonker
17 Mei

APRIL – KKNK

Bibi tree op in twee Soekenjin-produksies by vanjaar se KKNK. Hier is inligting oor die show vol liefdesgedigte, My hart klop soos ‘n cursor. En lees hier meer oor die gedigte in Op die internet weet niemand jy’s ‘n hond nie. Die vertonings is daagliks op die feesterrein, en dis gratis.
Bibi lees ook saam met Antjie Krog, Siphokazi Jonas, Tom Dreyer, Danie Marais en Riku Latti by die Digtersparadys voor.

Die voorlesing is gratis. Hier is meer inligting.

Toor | Bos is ’n unieke virtuelerealiteit-ervaring, losweg geïnspireer deur die eeufees van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika. Deur die aanbieding word die ontwikkeling en verandering van die taal vasgevang en gevier deur middel van ’n multimedia-ervaring wat visuele kuns, musiek, poësie en tegnologie integreer. Besoekers kan ’n kombinasie van ’n fisieke en ’n skynrealiteit-ervaring (gemengde realiteit) verwag, met woudagtige natuurtonele deur die skilder Jaco van Schalkwyk, die woordkuns van Willem Boshoff, vervleg met klank en musiek geskep deur die komponis Jaco Meyer. Beide hierdie kunsvorme verhelder en ondersteun die Afrikaanse digkuns van Quaz Roodt en Bibi Slippers. Die verskillende media is verwerk tot ’n virtuele realiteit (VR) deur Herman Myburgh, VR-ontwerper, terwyl die algehele aanbieding deur Dineke Orton, kurator, beplan en saamgevoeg is.



Ross Gay –
The Book of Delights
There are multiplicities within a human body reading poems that a poem on a page will never reproduce.