
Begin
Bibi is in 1983 in Bloemfontein gebore, en woon as kind onder meer in Bronkhortspruit, Vrede, Harrismith en Empangeni.

Skooldae
Sy voltooi haar laerskoolloopbaan aan die Laerskool Heuwelland en matrikuleer in 2001 by Empangeni Hoërskool, met ‘n F in Wiskunde.

Universiteit
Bibi studeer BA Beeldende Kuns en BA Tale aan die Universiteit van Pretoria en verwerf ‘n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Stellenbosch.
Hier’s een vir die geeks: Klik hier om Bibi se MA-tesis te lees. Dit gaan oor artist’s books, vertaling en Anne Carson. Klink riveting, right?!

Loopbaan
Sy begin haar loopbaan as kopieskrywer en joernalis. Buiten digter is sy ook ‘n draaiboekskrywer en regisseur en het vir lank in die TV-bedryf gewerk.

Skryfwerk
Bibi is die skrywer van twee digbundels: Fotostaatmasjien (2016) en Soekenjin (2023). Sy het ook al artikels, kortverhale en film- en TV-draaiboeke geskryf.

Lewe
Bibi woon waar haar werk haar neem – soms in Johannesburg en soms in die Overberg. Haar windhond Matilda hou haar geselskap.
GEREELDE VRAE
Bibi Slippers regte naam
My regte naam is BIBI SLIPPERS. Ja, dis nie ‘n skuilnaam nie. Bibi kom van my doopname, Beatrice en Barbara. En Slippers het ek net so by my ouers gekry.
Bibi Slippers ouderdom
Gebore in 1983 – you do the math, babe.
Bibi Slippers Wikipedia
Daar is nie een nie. Ek hoop jy vind al die inligting wat jy nodig het hier. Anders is jy welkom om my te kontak.
