Fotostaatmasjien (2016)

Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van monnik in die middeleeuse skriptorium aan, maar dié oorskrywer is gelyktydig ook ‘n boorling van ‘n digitale wêreld waar perfekte kopieë met die druk van ‘n knoppie geskep kan word, en emoji’s, youTUBE-videos en Instagram-foto’s werklikheid word.

Fotostaatmasjien dokumenteer die skeppingsproses in afdrukke, en maak só oorspronklike fotostate.


Willie Burger

Ons kort ‘n helse donderslag om ons weer te laat glo in poësie se krag. Bibi Slippers se Fotostaatmasjien is so ‘n donderslag.

RESENSIES

Hier het ons die digkuns van ’n fyn waarnemer en optekenaar van ons wonderbaarlike, dikwels skrikwekkende, eietydse menslike toestand op ’n planeet wat ons met soveel ander, menslik en dierlik, deel.

Jaco Barnard Naudé

Charl Pierre Naudé

Die bundel maak appèl op die breë lesersmark sowel as op die fynproewer.

Slippers kom daag die Afrikaanse poësieleser uit met Fotostaatmasjien. So bou sy opwindend voort op wat tot dusver in maar ’n handjie vol Afrikaanse bundels te bespeur was aan die ontginning van eietydse kommunikasietegnologie-verskynsels, dit wil sê op sowel stilistiese as vormlike en tematiese vlakke.

Bernard Odendaal – Versindaba

PRYSE

*UJ Debuutprys
*Elisabeth Eybers-prys
*ATKV-Woordveertjie
*Eugene Marais-prys

KORTLYS: Ingrid Jonker-prys

Commendatio: UJ Debuutprys – Karen de Wet

Wat Slippers deurentyd en deurdag doen is om die grense te verlê.

Karen de Wet – UJ