Soekenjin is ‘n kontemporêre digbundel oor die Internet van Dinge. Dit is verse oor die soeke na liefde, na die self, na betekenis, na die regte woord en na banale inligting op die internet. En oor die aanspraak wat daagliks op ons aandag gemaak word en ons soms op vreemde afdraaipaadjies lei. In hierdie opwindende bundel word die leser oorrompel met verbindings, net soos ons daaraan gewoond geraak het om via die internet aan almal anders verbind te wees.

KOOP SOEKENJIN HIER:

Kortstondige oomblik van glorie by Exclusive Books in die Waterfront 🙂

IN DIE NUUS

Lees saam deur Soekenjin op Substack

Volg saam op Substack om weerkliks ‘n voorlesing van ‘n gedig uit Soekenjin te hoor, en kommentaar oor die gedig te lees. Teken in om die gedigte direk in jou e-pos inbox te ontvang, so gratis soos asem!

Soekenjin op kykNET

Soekenjin op ‘n uitstappie! Elders, met Erns Grundling, op kykNET – Maart 2025
Foto: Nanette Photography

SOEKENJIN was die algehele topverkoper en die topverkoper digbundel by die Woordfees se Easy Equities Skrywersfees in 2023!

Soekenjin op GoodReads.

LEES MEER OOR SOEKENJIN

Foto: Adrian de Kock

In die media

Op dié website


Uit Soekenjin

ek sluit by die netwerk van jou nekwerwels aan / probeer die data van jou hart / download.