baie: ‘n indeks

ek weet ek is baie. hoeveel? baie. baie meer. dalk die meeste. 
soos in heel veel. ’n groot aantal. baie mense. baie dinge. in hoë 
mate. nog baie om te doen. sommer baie. só baie. taamlik baie. 
ek het dit al baie gesê: ek is baie. ’n groot hoeveelheid. baie dink 
dit: baie nodig. besonder baie. baie graag. geweldig baie. dis 
baie dikwels baie seer. baie baie min beheer. baie baie baiemaal.
honderd maal. honderd-en-een. honderd-en-tien. honderdduisend.
baiemaal te veel gesê. ’n bietjie baie. menigte. om baie graag te wil 
hê. baie meer. baie moeilik. baie weg. baie erg. erg baie. talle hope 
klomp. verdomp! ’n groot klomp heelwat baie baie. dit gebeur baie. 
dikwels. telkens. herhaaldelik. eintlik nogal baie. 
baie jammer. baie minder. baie moeiliker. een van baie. baie sien. 
baiekeer hier. baie geliefde. rêrig. baie. baie so. so baie. menigmaal. 
geweldig baie. vrek baie. deksels baie. vreeslik verskriklik werklik 
baie. oor en oor. weer en weer. telkemale. vele kere. uiters baie. 
omtrent baie! baie moeite. baie liefde. baie dankie. dankie baie.

Leave a Reply



Discover more from Bibi Slippers

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading