
onsuksesvol, die soeke na stilte en my kop word ’n weekdier in die reën. dié liedjie, dis die een ... the most The National The National song ever: dink jy darem nog aan my terwyl jy pienk Nestlé Quick Milk drink met tequila en kahlua daarby? wat’s die kans dat enige iemand ooit ’n pink rabbit gaan drink, and that’s the beauty of it, hy erken dat sy seker nooit aan hom dink nie. nogal depressing, but that’s the sad dads for you. wat hoor jy? en die reën was nie soos reën nie dit was meer soos die see, ek hoor ’n einde, maar dan keer hulle terug na mekaar, so verbaas dat jy nou wil dans net toe ek jou as afwesigheid begin verstaan. i’ve listened to this song 18 times in 7 hours, skryf iemand op Amazon en ek dink amateur (ek dink dit in engels, want ek is op die internet) ek het al hele dae met dié liedjie uitgedoof, soveel so dat my gemoed permanent pienk geraak het. dis nie asof ek dit toe begryp het nie, dis nie asof ek dit nou begryp nie. almal was weg en ek het net daar op straat bly staan. maar ek het mis geluister, los angeles vir our sadness aangehoor. he’s reaching, skryf iemand op Amazon, reaching out to get out of desperation. moenie vra hoe ek hier beland het nie. dis nie asof ek moeilikheid gaan soek het nie. ek wou regtig net stilte vind en jy het beweer dit gaan pynloos wees, die jyste jy-leuen ooit. jy’t nie eers gesien hoe ek ontrafel nie. dit was niks soos die gebroke harte in liedjies nie. ek meng vir ons pink rabbits en sak in die chaise lounge neer. jy’t gesê dit gaan ’n hasie-melkie met haaitande wees. dit was niks soos dit nie, it wasn’t that at all.