Category: gedigte
-
couldn’t have – indeks van gedigte wat ek nie kon skryf nie
die een oor “Moon Song” en die een oor klein Phoebe Bridgers wat ‘n jong Mutton Buster was, mind you, die een oor Mutton Busting, wat soos rodeo is, maar dis kinders. op skape. die een oor hoe hierdie nie my eerste rodeo is nie, die een oor hoe hierdie nie my tweede rodeo is…
-
Just
(Henry Ate, Slap in the Face, 1995. Vir J.) elke paar maande leef ek gou ’n ongeleefde lewe in die lengte van ’n liedjie: vir amper drie minute verbeel ek my dat jy my mak kon kry en in ’n huis aanhou, ewig trou en net vinnig op pad kwekery toe vir saailinge en saad.…
-
snuif
I am the cinnamon peeler’s wife. Smell me. – Michael Ondaatje, “The Cinnamon Peeler” bring nader jou neus. snuif. ek is die vee-voeder se dogter jy sal wol ruik en gras aan die palms van my hande en piesang pynappel en die bedompige lug van Natal in my pas-gewaste hare ook chloor wanneer dit droogword…
-
Soektog: Pink Rabbits (ii)
GOOGLE MAPS: 44 14’39.77N 7 46’10.71E jy is niks groter as ’n veldblom voor dié verskynsel nie, ’n ontsaglike haas in toiletpapierpienk, ’n gebreide berg in die berge, ’n land wat uit die lug geval het. waarom is daar ’n reuse pienk hasie in Italië? die haas het mos sy redes en rede weet daar…
-
Soektog: Pink Rabbits (i)
onsuksesvol, die soeke na stilte en my kop word ’n weekdier in die reën. dié liedjie, dis die een … the most The National The National song ever: dink jy darem nog aan my terwyl jy pienk Nestlé Quick Milk drink met tequila en kahlua daarby? wat’s die kans dat enige iemand ooit ’n pink…
-
baie: ‘n indeks
ek weet ek is baie. hoeveel? baie. baie meer. dalk die meeste. soos in heel veel. ’n groot aantal. baie mense. baie dinge. in hoë mate. nog baie om te doen. sommer baie. só baie. taamlik baie. ek het dit al baie gesê: ek is baie. ’n groot hoeveelheid. baie dink dit: baie nodig. besonder…
-
The Search for Everything
“Everything feels like nothing … especially when you’re nearing 40 and humbled by heartbreak.” – Apple Music-beskrywing van John Mayer se album The Search for Everything en dan begin die soektog na die ander alles en dit klink só, nie soos ’n Rolex of ’n Rolling Stone nie, maar wel soos berou en soos jou…